17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam se speletjie met die Villa Rosers word al gevaarliker en Saskia weet nie hoe om dit stop te sit nie. Almal wil weet wat met Cardo se viniger gebeur het, maar hy verswyg die waarheid.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja is moedeloos en begin twyfel of dit die regte keuse was om haar kind self groot te maak. Willem loop ’n bloutjie toe Kim sy afspraak onderbreek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zadie is skepties oor Naomi se planne. ’n Afspraak verloop nie volgens plan nie, en Van word gekritiseer vir haar besluite. ’n Skuldgevoel lei tot ’n beskuldiging, en Zadie ontvang goeie nuus.

19:30 Mom (M-Net City): In dié komediereeks volg die (mis-)avonture van Christy Plunkett (Anna Faris), ’n enkelma wat sukkel met dwelm- en alkoholmisbruik. Sy span kragte saam haar ma, Bonnie (Allison Janney), om haar lewe in orde te kry.

20:00 Megaboere (kykNET): Die Megaboere-span kuier vanaand by Dr. Kobus Hendriks van die Heilbron-distrik in die Vrystaat. Hy was in 2013 as Suid-Afrika se meestersuiwelboer aangewys.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Kortjas konfronteer Gertjie oor haar hartsake, en die geskiedenis dreig om homself te herhaal in die Haasbroek-huishouding. Konfrontasies en bekgevegte is aan die orde van die dag, en Tony wil weet wat Giel se planne is.

21:30 Battle Creek (M-Net): Vanaand is die eerste episode in hierdie nuwe reeks deur die vervaardiger van Breaking Bad en Better Call Saul.

22:30 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.