17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Doen die Bootcamp oefensessie saam met Linda as jy jou fiksheid wil verbeter en baie kilojoules wil verbrand.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sussie wil die Kersboom opslaan, maar die Villa se boom is skielik weg. Stef probeer tevergeefs inligting oor Astrid by Fritz kry, maar is tog verbaas toe hy hoor Fritz wil steeds van Astrid ontslae raak. Carina vind uit dat dit nie Marius is wat die geskenke gestuur het nie, terwyl Paul haar belowe om haar nie weer te pla nie. Sy is op ’n sending om die waarheid uit te vind.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Vince die aanbod aanvaar om Kaapstad toe te trek en is Bertus gereed om deel van sy baba se lewe te wees?

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli dink Morné se keuses is vreeslik romanties, en Kobus is by ’n kruispad oor Naomi. Jana rig ’n waarskuwing aan Margot oor Tertius en Daleen, en Naomi is bekommerd oor wat tydens ’n operasie kan verkeerd loop. Jana haal haar handskoene af toe sy met Jenny praat.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys daar is ’n skatkis resepte vir kos wat maklik verpak en perfek afgelewer kan word.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Die verrassings volg vining op mekaar se hakke toe nuwelinge, vreemdelinge en ou bekendes onverwags hul opwagting in die Vallei maak. En Beulah en Willem kom tot ’n vergelyk om die lewe minder problematies te maak, maar of dit gaan werk, sal maar wag en kyk kos.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Finch se ou ysskaatsmaat daag onverwags op. Maya se blonde hare veroorsaak seksuele opwinding.

22:30 Bates Motel (M-Net): Norma begin twyfel in Norman soos daar nuwe bewyse oor mev. Watson se moord opduik.