Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Dr Riekie Smit vertel van 'n nuwe inspuiting wat vet verbrand. Ons vind meer uit oor vaginale verjongingsprosedures en ook watter snit en kleur denim die beste by elke liggaamstipe pas.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die drie jong manne het groot planne vir die toekoms. Marius vind uit van 'n fout wat hy gemaak het. Celine het 'n nuwe fokus in haar lewe, en Carina laat haar deur niemand voorskryf nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Vandag is 'n hartseer dag in Hillside. Felicity se toekoms hang van Willem af. 'n Onverwagse gas daag in Hillside op.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan is bekommerd oor At se motiewe. Daleen verwag drastiese stappe en Wimpie vergeet om 'n wag voor sy mond te plaas. Bloedmonsters word gesteel en Pippa wil weet wat aangaan met Daleen en Tertius.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode sukkel Elizabeth en Philip om met die nadraai van hul mislukte opdrag saam te leef.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:00 All of Us (SABC2): Robert en Tia het mekaar gelos ná hul dansklasse misluk het. In vanaand se episode begin Tia te flankeer met 'n brandweerman nadat sy uitvind Robert begin ander mense sien.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): In vanaand se episode vind Fafa tot sy ontsteltenis uit wie die nuwe kaptein van die Vipers is. Festus en Boeps is bekommerd oor Koekie se verdwyning en Buula vertel vir Maryke van Laetitia en Sasha se slinkse planne.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode probeer Elliot vir Vera uit die tronk uit kry.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode eindig 'n ekspedisie van die Walrus tragies. Silver waarsku vir Flint oor Billy.

21:30 Murder in the First (M-Net): Vanaand is die eerste episode van die tweede seisoen. Erich Blunt is vir die moord op Kevin Neyers gearresteer. Speurder English sê vir 'n gewapende verdagte: "Op die grond of in jou graf."

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.