Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden wil in sy meisie se modeloopbaan belê.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Elke aand eet miljoene mense alleen. Dis hul keuse en soms is hulle gaande daaroor, maar hulle eet op die verkeerde plek: op die vloer, op die bank, op die bed. Nataniël kry die alleeneters terug aan tafel en wys hoe dit ’n avontuurlustige kookbelewenis kan wees.

20:00 Donkerland (kykNET): Dirk se eis vir die helfte van Donkerland dryf die gesin De Witt verder uiteen. Emily en James is steeds onwelkom op Donkerland, maar toe James sy werkers begin betaal, beskou Ouboet dit as ’n aanval. Thea probeer haar seun se erfenis beskerm ongeag Emily se gevoelens. Die bitterheid in die gesin onthul donker geheime uit die verlede. Henk se dood word weer bevraagteken.

20:00 Hostages (M-Net): Die eerste seisoen begin. ’n Dokter wat gereedstaan om op die Amerikaanse president te opereer, vind uit dat iemand haar gesin ontvoer het om haar te dwing om die president te laat sterf.

21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): Vanaand word ’n lewe ná ’n traumatiese breinbesering bespreek waarvan 35 persent deur ’n val veroorsaak word en 17 persent deur motor- en motorfietsongelukke. Twee gaste wat in afsonderlike gevalle ’n breinbesering opgedoen het, deel hul verhaal.

21:30 Desperate Housewives (SABC3): Ná die sukses van haar nuwe boek besluit Bree om haar te beloon met ’n nuwe motor. Lynette en Tom dink daaraan om sy Mustang te verkoop.

22:05 Nurse Jackie (M-Net): Die vierde seisoen eindig. Gracie word ingeskryf by ’n openbare skool. Jackie moet ’n swanger O’Hara hanteer.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.