18:00 The Middle (M-Net): Sue probeer Darren terugwen deur hom by die viering van die dorp se 100ste bestaansjaar jaloers te maak. Intussen begin Axl, Darren en Sean hul eie onderneming om geld te maak.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Eben besef Astrid is broos en reik uit na haar. Fritz dra swaar aan die probleme van sy familie. Sussie vis by Carina oor “haar” dosent, maar Carina gee net genoeg weg om Sussie nog meer te laat wonder. Wanda sukkel om die wrewel te verbloem wat sy teenoor Fritz voel.

18:30 7de Laan (SABC2): Nthabi speel met vuur toe sy oor Gita in die Hillside Times berig. Nadia stort in een toe vriende haar kom besoek.

18:30 MasterChef Professionals Australia (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Ilse vind uit wat Louisa pla. Sonja neem ’n dapper besluit. Rian begin wonder of Margot heeltemal eerlik is oor haar verlede.

19:30 Isidingo (SABC3): AK vertel sy bose plan vir Georgie. Katlego is bang Lincoln is deel van Jefferson se plan om haar geheime verhouding te ontbloot .

19:30 Sterlopers (kykNET): Brad wurg die volle waarheid oor sy verlede uit sy pa. Isabel vind uit hoekom sy die hoofrol in die Egoli-musiekblyspel aangebied is. Emma begin ’n persoonlike blog.

19:30 Scandal! (e.tv): Met skuld wat afbetaal moet word en ’n tekort aan vriende het Shakira vir haar ’n nuwe beste vriend gekry. Intussen is Kila bekommerd oor haar gesondheid.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Willem en Lina se liefde blom. By die oord veroorsaak ’n onwelkome gas baie moeilikheid. Hannah neem ’n groot besluit oor haar toekoms. Nie almal is beïndruk met die idee nie, en dit veroorsaak ’n drastiese wending in die Vallei.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

20:30 The Good Wife (SABC3): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur nadat haar man weens korrupsie tronk toe is.

21:30 Shameless (M-Net): Fiona begin haar 90 dae lange vonnis vir haar oortredings. Frank ly ná sy operasie aan post-operatiewe delirium. Intussen moet Mickey kies tussen sy familie en Ian.