18:00 2 Broke Girls (M-Net): Deke nooi Max se vriende oor vir ’n byeenkoms by sy vullisblik. Caroline leer vinnig ’n enorme geheim oor sy finansiële agtergrond.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Wouter kan aan niks anders dink as poker nie, en besluit dis tyd vir ’n manne-aand, terwyl Eben hom die fynere kunsies van verneuk leer. Fran is baie bekommerd oor Anthony, wat ál vreemder optree.

18:30 7de Laan (SABC2):  Pulane is baie ongelukkig oor die feit dat Sifiso en Kristen uitgaan vanaand. Errol kan nie sy belangstelling in ’n nuuswaardige storie onderdruk nie.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET):’n Jaloerse reaksie skok Ilse, terwyl dit wil voorkom of Zadie en Naomi skielik met mekaar meeding. At se optrede is nie net onverwags vir die Jonkers nie, maar kan ook hul lewe onherroeplik verander.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël spog met geregte wat geskep is vir die feestafel en gee idees om ons familie en vriende, saam met wie ons dié tyd vier, behoorlik te beïndruk.

19:30 How I Met Your Mother (e.tv): Marshall kry sy begeerte terug om die omgewing te help. Robin wil hê Barney moet sy gevoelens vir Nora erken.

20:00 Verraaiers (kykNET): Nadat hy hoor van die Engelse se verskroeide-aardebeleid, besluit ’n gerespekteerde Boere-offisier om nie verder te veg nie en eerder sy gesin te gaan beskerm, met verreikende gevolge.