17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Linda oefen op die pragtige Bakovenstrandjie naby Kampsbaai. Oefeninge vir die probleemareas, boude en bene. Jy benodig ligte gewigte en ’n stoel.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fran voel steeds uitgesluit omdat Fritz en Isabel sulke goeie vriende is; daarom bring sy soveel moontlik tyd saam met Anthony deur. Carina en Marius gesels oor die pad vorentoe, terwyl Sussie en Marco al om mekaar dans. Vicky probeer uitreik na Carina en voel dan lelik in die gesig gevat.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity voer onderhoude by Eclectic E. Intussen maak Xander kontak met sy ma en Ryno vertel Emma die waarheid.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die onderwerp van menseroof laat Pippa baie vinnig op haar voete dink. Judith se broer gaan blykbaar die Jonkers help met hul massiewe taak. Marcel se obsessie met Boytjie van Potch noodsaak Okkie om in te gryp. Bertha is beslis nie wie sy voorgee om te wees nie.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys hoe om vermomde slaai by ’n moeilike eetkamer in te smokkel. Nie alle slaaie hoef soos ’n heining te lyk, moet krakende blare bevat of koud voorgesit word nie; daar is honderde kookboeke met honderde idees, ook honderde kulture met honderde tradisies, ongewoon en heerlik.

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Twee paartjies en ’n enkellopende vriend leer hoe om die probleme in hul verhoudings te hanteer.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): ’n Voormalige agent vra Nina om haar haar lewe te help neem.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

23:00 The Knick (M-Net): Thackery is bekommerd dat dr. Levi Zinberg by ’n geleentheid in New York sy kollig gaan steel.