Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam en Saskia bereik ’n skietstilstand, maar nie voor Liam van Fritz kry presies wat hy gesoek het nie. Marius verdwyn spoorloos noudat hy bewus is van Louw se DNS-resultate.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman is skepties oor Willem se nuwe besigheidsplan. Aggie is baie opgewonde oor Nthabi se goeie nuus.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Opskrif is nie die enigste rede tot kommer nie en natuurlik het Cherilee ’n antwoord op hierdie probleem. Rian deel sy nuwe idee met sy vrou, terwyl Jennifer vir Jana op hoogte van sake hou.

19:30 A-Z (M-Net City): In dié komediereeks probeer ’n paartjie die kompleksiteite van die moderne verhoudingswêreld uitpluis.

20:00 Megaboere (kykNET): Vanaand kuier die Megaboere-span by Louis de Kock van WildeKlawer buite Barkley-Wes. Hy is Suid-Afrika se grootste uieprodusent.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Vanaand is die slotepisode. Tony se skielike besluit jaag Kortjas die harnas in en Rooikappie help Gerjie om ’n groot besluit te neem. Dot gooi wal vir al wat sy werd is en Breggie hoor uiteindelik van die uitgewers.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. Hierdie reeks is deur die vervaardiger van Breaking Bad.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.