960273_618849638179718_1842500798_n

18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline se gunstelingbroek skeur en sy besluit om ’n veldtog te begin om ’n nuwe in die hande te kry.

18:30 7de Laan (SABC 2): Errol kry ’n goeie geleentheid om sy loopbaan te bevorder. Daar duik nog ’n krisis op in Oppikoffie.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys hoe ’n mens ’n buffet met ’n verskil berei.

20:00 Vallei van die Sluiers (kykNET): Hugo en Hannah se egskeiding bou op tot klimaks. Emma se lewe op Soetwaterfontein is nie heeltemal wat sy verwag het nie.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Ted word deur ’n dilemma in die gesig gestaar: Hy wil graag GNB se hoofkwartier ontwerp, maar ontmoet ’n aantreklike vrou wat gekant is teen die oprigting daarvan.

21:30 Dexter (M-Net): Hannah maak gereed om landuit te vlug terwyl Dexter nog besluit of hy saam met haar wil gaan.