Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Met braaidag-gees in die lug val 280 mense in die pad, swaai hulle landsvlae en braai die land aan die brand. Kom ontmoet al die karakters wat Suid-Afrika die beste land in die wêreld maak.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Monique en Vincent beraam planne vir geld en voorraad. Dit lyk of Liam en Fritz 'n wapenstilstand gaan sluit tot Stef se groot frustrasie. En Liam en Hanna sit hulle gevaarlike spel voort.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita wil vir Willem 'n les leer. Diederik gaan nie hierdie keer vergewe en vergeet nie. Vince wil met 'n familie begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daar is huismoles by die Ferreira's. Pippa en Rian het 'n meningsverskil oor die Jonkers, At rig 'n waarskuwing aan Steve, en Ivanka het baie om te verduidelik aan haar baas.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): Charlie, Chester en Brendan krap 'n dwelmnetwerk oop. Boeps baklei vir Buula, gaan Fafa vir Kiki baklei? Schalk en Fafa kondig 'n liefdeswedstryd op SuperRugby aan. Sal rugby vir die liefde of rugby vir die geld seëvier? Vanaand is die slotepisode.

20:30 Mr Robot (M-Net): Vanaand is die slotepisode. Gaan Elliot die geheimsinnige fsociety se planne uitoorlê?

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode verander alles vir Eleanor, terwyl Bonny se sondes haar inhaal.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode gee 'n annonieme leidraad vir Raffi dalk 'n manier om haar saak op te los.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.