18:00 2 Broke Girls (M-Net): Op Sint Patricksdag gaan Caroline op die ingewing van die oomblik saam met Max en die groep na ’n parade, maar op hierdie vakansiedag verlang sy terug na haar rykweesdae.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Eben verduidelik vir Wouter hoe hy moet onderhandel met die man wat in sy ontwerpe belangstel. Sussie en Fran doen hulle bes om Anthony te help en dink aan ’n prettige manier om sy lewe opwindender te maak.

18:30 7de Laan (SABC2): Dinge raak ingewikkelder vir Struwig. Gaan David Charmaine vanaand vra om te trou?

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET):Quinton en Margot se video is dalk die sleutel wat die deur kan oopsluit. Okkie en Ilse neem ’n besluit oor die troue. Daleen is bekommerd oor Nina, terwyl Wimpie ’n winsgewende idee beet het.

19:30 Sterlopers (kykNET): Blink word gedagvaar vir een van Emma se artikels. Onder druk gryp Emma na ongewone stresverligtingsmetodes. 

19:30 How I Met Your Mother (e.tv): Barney probeer sy pa beïndruk deur voor te gee dat die groep opwindender en interessanter is. Intussen sien Robin weer ’n ou liefde.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Ta’Ef  besluit sy gaan Oom Boykie met brute krag gesond kry. Charmaine word onaangenaam verras toe JP en sy ma, kop in een mus, planne maak vir die toekoms. Hugo maak ’n groot fout wat baie skade aanrig.