17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke. Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Daar gaan ’n groot karnaval op die dorp wees. Thomas hou niks van die idee nie, want hy het ’n groot vrees vir narre. Intussen vra Vladimir Breshnev moet vir goed van Thomas ontslae raak.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius en Anthony is verbysterd toe hulle die ambulans moet ontbied om Sussie hospitaal toe te bring. Die Villa is in rep en roer oor wat Sussie makeer en Paul is agterdogtig toe Marius en Carina hulle oor mekaar ontferm. Kapt. Le Roux bel Stef met nuus oor Astrid se saak. Dit lyk of Nico hom wil tuismaak in Bloemfontein en Paul deel belangrike inligting met Carina, maar dis sy houding wat haar asem wegslaan.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Deli se krag word afgesny. Is Gita aan die konkel? Paula besluit om aanlyn ’n nuwe liefde te vind.

19:30 Binnelanders (kykNET): Margot verdwyn, en Adelyn hou voet by stuk. Daleen besluit waar sy wil woon, en Wimpie kla oor die aandag wat Breggie kry. Kobus kry ’n welkome uitnodiging, en Jana stel ondersoek in na iemand se verlede. Waarvan die hart van vol is loop die mond van oor – vra maar die vroue in die Binneland-kliniek.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vallei van Sluiers (kykNET): Die poppe gaan behoorlik dans in die laaste aflewering. Die slot van die finale seisoen van dié dramareeks stuur op ’n groot klimaks af. Maar in die aanloop tot die einde wag daar ook baie heerlike verrassings.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem op die organisasie wat haar opgelei het.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal moet hul neus uit sy naderende egskeiding hou. Maya heroorweeg haar verhouding met Elliott.

22:30 Jack Reacher (M-Net): Tome Cruise word by ’n ingewikkelde moordondersoek betrek wat meer vrae as antwoorde laat.