18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid voer iets in die mou en probeer Stef inkatrol. Fritz en Lerato beplan iets met Anthony en Marius se hulp.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Die nege oorblywende deelnemers het heelwat kreatiewe inspirasie nodig om die volgende toets te slaag.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): In dié episode wys Nataniël hoe ’n mens heerlike happies maak.

20:00 Vloeksteen (kykNET): In die laaste episode probeer Koert vir oulaas om te keer dat Rommel en Donnie in hegtenis geneem word.

20:00 30 Rock (SABC3): Liz en Kenneth gaan soek Tracy voor die reeks gekanselleer word as gevolg van sy afwesigheid.

20:30 Under the Dome (M-Net): Junior is vasbeslote om uit die koepel te ontsnap deur ’n tonnel te grawe.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting waarborg nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.