17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida trek by die Villa in en het haar eerste rusie met Fritz. Stef probeer Vicky oortuig om ’n kind saam met hom te hê, maar dis nie deel van Vicky se toekomsplanne nie.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman glo nie Willem se stories nie. Sal hy dit stopsit of sal Willem slaag met sy streke? Kobus erken hy was verkeerd oor Lynette.

19:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn probeer vrede maak met Zadie en Morné besef daar skort iets met Liezl. Daar is geen goeie nuus vir Jana nie en dit wil voorkom of die Ferreira’s weer vervoerprobleme het.

19:30 Arrow (SABC3): Biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy op ’n eiland gestrand is. Oliver skep die persona van Arrow om die misdaad in die samelewing te beveg.

20:00 Megaboere (kykNET): Francis Visagie boer op die plaas Nanibees naby Kakamas in die Boesmanland. Hy boer dekades lank reeds met sy gunsteling skaapras, die Dorper.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Kortjas ontmoet vir Woestyn en Anastasia, Karel Burger is oortuig daarvan dat Butterfly gaan praat en dit lyk of Tony saamstem. Sanna is alweer op soek na ’n huis en haar vete met Rooikappie vlam opnuut op.

20:30 Gotham (M-Net): Die reeks kom uit die pen van die skrywers van die reeks Rome.Volg weekliks die avonture van die speurders Gordon en Bullock.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.