17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Oefeninge verhoog jou spierpersentasie en spiere verbrand vet! Doen saam met Linda oefeninge wat jou spierpersentasie sal laat styg en so jou metabolisme verhoog.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky se agterdog oor Lindie neem toe en Astrid se waarskuwings maak dit nie beter nie. Sussie laat Vicky toe om by haar te kuier, maar Vicky word ontnugter. Fritz en Anthony besef alles is nie pluis met Gerhard nie. Paul neem ’n besluit oor sy verblyf. Astrid en Lindie probeer nie meer hul haat vir mekaar wegsteek nie. Sussie dryf Fran tot breekpunt.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoekom het Emma so dringend geld nodig? Lindile wil nie vir Aggie vertel wat aangaan nie. Vince is lelik met Danelle.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zieg se manipulasies het geen keer nie – en kan ook iemand se uitkyk op die lewe verander. Morné se straf lei tot ’n ontmoeting, en sukses wink vir Ivanka.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Vir sommige gebeur dit elke dag, vir ander net een of twee keer per jaar, maar daar is ’n tyd wanneer ons alles wil skoonmaak, regpak, weggooi of op ’n nuwe manier gebruik. Ons wil kooktegnieke baasraak en dit wat ons al jare uitstel, eindelik afhandel. In hierdie episode speel ons huis-huis, leer kook heerlike basiese geregte en leer hoe om dinge beter te doen, van opwas tot ’n tas pak!

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Dis troebel dae vir baie van die Vallei se mense. Party sukkel om die esse wat die lewe met hulle gooi, te verstaan en te verwerk. Ander raak net omgekrap met die aansukkel van een krisis ná die ander . . . Gelukkig bly Oom Boykie en Ta’Effie steeds ’n ligpunt. Maar dan gebeur die onverwagse met vêrreikende gevolge vir baie in die Vallei.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

21:30 Winslyn (kykNET): Christelle Reade-Jahn, die direkteur van die Brandewyn-stigting, kom praat oor whisky wat brandewyn verbygesteek het as gewilde Suid-Afrikaanse drankie en wat die Brandewyn-stigting te doen staan. Mienke Steytler van die Instituut vir Rasseverhoudinge bespreek die werkloosheidskrisis.

22:30 Bates Motel (M-Net): Norma moedig Norman aan om aan ’n toneelstuk deel te neem sodat hy nie aan mej. Watson dink nie. Intussen moet Romero die moordenaar identifiseer.