Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max wil op haar eerste dag by kookskool ’n goeie indruk maak, maar die klashanswors trek haar aandag af.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Anthony besluit Isabel moet bloedtoetse laat doen. Wouter probeer ’n vriendskap met Nadine aan die gang hou. Liam is op sy hoede toe hy besef Isabel kan ook ’n spel speel.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Het Sonja ’n ogie op Nadia se kêrel? Die oulike nuwe assistent by Bruynwaves maak Paula jaloers.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen maak ’n ontdekking oor Nina. Okkie betrap twee vryers. Delia probeer werk maak van haar afleiding, terwyl daar eindelik ook op ’n troudatum besluit word.
  • 20:00 Wolwedans in die Skemer (kykNet): Wolwedans in die Skemer gaan oor ’n jong vrou, Sonja Daneel. Sy het oppad na die Hotel Njala in Hazyview, waar sy ’n pos as ontvangsdame aanvaar het, in ’n fratsongeluk beland en ly toe aan geheueverlies.
  • 20:30 The Good Wife (SABC3): ’n Gewone arbitrasie verander in ’n tweestryd tussen Alicia en Louis. Die twee maak ’n onverwagte verbinding toe ’n persoonlike krisis die verrigtinge onderbreek.