18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline koop vir Max nuwe beddegoed om haar bietjie te bederf, maar min weet sy dat Max sentimentele waarde heg aan haar ou kussingsloop.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Lerato se hart is verskeur na Jacques se verraad. Sy tob, beplan iets en los dan ’n bom wat die Villa aan skerwe skiet.

18:30 7de Laan (SABC 2): Vanaand sien ons dalk Emma se verloofring. Larry vang vir Vince uit, maar is daar enige versteekte motiewe daaragter?

18:30 Binneland (KykNET):Zadie is vasberade om partytjie te hou en At se vyande raak al hoe sterker. Louisa verloor haar hart op papier en Gideon soek antwoorde by Marlien. Naomi kry nog ’n BBP pasiënt.

19:30 Die Nataniël Tafel (KykNET): Nataniël wys dat mens maklik ’n gebak aanmekaar kan sit en dit sonder baie moeite of stres kan wees. Die gebak word verder verhef daardeur te bedien op die perfek-gedekte tafel.

19:30 Chicago Fire (M-Net): Te Danke aan Gail McLeod gaan 51 se deure dalk finaal sluit. Intussen staar die Chicago Fire-span gevaar in die gesig wanneer hulle n woonstelblok se vuur probeer blus. Dawson kry nuus wat haar lewe gaan verander.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Lilly kan nie ophou oor babagoed praat nie wat vir Robin vreeslik irriteer. Intussen kry Barney ’n ou video van Robin.