Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Daar word gekyk hoe chroniese moegheid met geduld en leefstylveranderings doeltreffend hanteer kan word. Moira gesels met dr. Liana van Dyk oor dié toestand wat mense lamlê.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Beulah slaan haar kloue in Wouter in. Jenny nooi Vicky vir middagete en dit loop uit op ’n fiasko, met verdere nagevolge wanneer Fritz met ongemaklike nuus by die loft opdaag.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Almal in die Laan is geskok oor Charmaine se tragiese nuus. Het Louise rede om jaloers te wees op Petro en Bernard? Kry Felicity gevoelens vir ’n ander man?

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Dokter en verpleegster stamp koppe. Jana voel ongemaklik met At in die omtrek en Gustav rig ’n gesondheidswaarskuwing aan Roelf. Rian wys vir die eerste keer sy emosies en daar is moeilikheid by Nagskof.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode beleef Philip ’n moeilike tydjie met sy nuutste rekruut.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): In vanaand se episode skok Lucky se afsterwe die Stryders, en Fafa wil nie meer rugby speel nie.

20:30 Mr Robot (M-Net): In hierdie splinternuwe reeks word ’n kubersekuriteitsman, wat ook ’n kuberkraker is, deur ’n ondergrondse vereniging gewerf om sy maatskappy te vernietig.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode is Milt en die Battle Creek-polisie op die spoor van ’n vlugteling wat Russ gyselaar hou.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.