17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Net as Thomas slaggereed is om Operasie Alex aan te pak, verskyn ’n sepiester met die naam van Fleur Vermaak op die toneel. Sy is ’n groter kniehalter as Bianca. Oros is baie opgewonde om ’n klasuitstappie aan te kondig.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben is bekommerd oor Cardo en dan daag Cardo vol kneusplekke by die Villa op. Gunther waarsku Saskia oor haar hegte verhouding met Fritz en hy hou glad nie van haar reaksie nie.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno konfronteer Lynette oor die groot geheim wat sy van hom af weggesteek het. Dali berei ’n fees vir Diederik, Kim en Nthabi voor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zieg wend een laaste poging aan om vir Leon te help en Gustav moet ’n plaasvervanger kry vir ’n dokter. Tertius wil nie ’n dokter gaan sien nie. Ilse is bekommerd oor Morné en Jana kry weer hoop op romanse.

19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Errol Tobias is nie net die eerste burger van Caledon nie, maar ook een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde Springbok-rubgyspelers. Hy wys ons waar hy sy eerste bal geskop het.

20:30 Perception (M-Net): Eric McCormack vertolk die rol van die eksentriese neuropsigiater, Dr Pierce, in hierdie misdaadsdrama.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Dot het slegte nuus vir Tony – en sy is nie die enigste een nie. Tony help met ‘n riskante ontvoering, en dit lyk asof Dominee se praatjies die swembad se bouwerk kan verhinder. Kortjas is nie seker of hy opgewasse is vir die taak op hande nie, en Troffel en Hennie stel ‘n strik vir ‘n ‘rooikat’. Sanna kry heuning om die mond, en Gertjie maak glad nie ‘n moordkuil van haar hart wanneer Hennie onverwags op Daggafontein opdaag nie.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.