Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky kry ontstellende nuus en haar wêreld stort weereens in duie. Fritz besef daar is ernstig fout met hom, en Liam maak seker hy is die enigste een wat die professor vertrou.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Louis het ’n oog op ’n Hillside-meisie. Xander red Anna, maar het sy dié keer te ver gegaan? Paula besluit om na Altus om te sien, al wil hy dit hê of nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn het ’n probleem met Karli, en Cherilee vra George vir hulp. ’n Sensitiewe saak word kalm en rustig bespreek en Ilse vra Gustav se raad oor Morné se keuse.

19:30 A-Z (M-Net City): In dié komediereeks probeer ’n paartjie die kompleksiteite van die moderne verhoudingswêreld uitpluis.

20:00 Megaboere (kykNET): Vanaand kuier die Megaboere-span by Môreson Pluimvee buite Brandfort in die Vrystaat. Hulle produseer sowat 75 000 eiers per dag.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Daar’s ’n wolf in die turksvybos en Sanna vra vir Tony die onmoontlike. Rooikappie vat vir Karel vas, en Giel spog met ’n vroeë oorwinning. Tony herinner Woestyn aan wat Breggie regtig soek.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. Hierdie reeks is deur die vervaardiger van Breaking Bad.

22:00 Hostages (SABC 3): Wat sal gebeur as ’n booswig die dokter gyselaar hou wat ’n lewensbelangrike operasie op die President van Amerika moet uitvoer? Kyk hoe al die intriges ontvou in hierdie spanningsvolle reeks se slotepisode.

23:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.