18.30 Binneland (kykNET): Delia probeer agter die kap van die byl kom. Tertius besluit om ’n geldinsameling vir Quinton se rugbyspan te hou.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Dié episode se titel is “geure met stories”. Nataniël kombineer staaltjies met smaak en vertel die gehoor die storie agter elke gereg.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Die deelnemers kom aan by die Kompanjiestuin in Kaapstad en vind uit die Suid-Afrikaanse Olimpiese kulinêre span gaan by die beoordelaars aansluit om hul kos te proe.

20:30 Under the Dome (M-Net): Die inwoners van Chester’s Mill is paniekbevange toe ’n huis aan die brand slaan en die brandweer aan die buitekant van die koepel is.

21.00 The Bar-One Manhunt (SABC1): Sestien finaliste ding mee om Suid-Afrika se Bar-One Man te wees – iemand met integriteit wat hard werk en hard speel, 25 uur per dag!  

21.30 Desperate Housewives (SABC3): Die ander vroue in Wisteria Lane is jaloers op Bree se suksesvolle nuwe kookboek.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul eie diskresie aan.