18:00 2 Broke Girls (M-Net):  Caroline se liefde vir perderesies ruk handuit wanneer sy en Max na 'n renbaan gaan as gaste van Sophie se nuwe kêrel.

18:00 Villa Rosa (KykNET):  Die Villa is op hol oor die moontlikheid van die realiteitsreeks en tussen alles deur vrees Astrid vir haar lewe en die veiligheid van die huis.

18:30 7de Laan (SABC 2): Sonja dink daaraan om haar  planne vir die baba te verander omdat dit probleme tussen haar ouers skep. Almal wonder hoe Gita gaan reageer wanneer sy uitvind oor Herman se planne vir die studentebehuising.

18:30 MasterChef Professionals Australia (M-Net): Chef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars wanneer die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (KykNET):Sosiale media mag die sleutel wees tot ’n verpleegster se vrae. ’n Pasiënt is in ’n kritieke toestand en ’n dokter moet verantwoording doen. Jana probeer negatiewe publisiteit hokslaan.

19:30 Sterlopers (KykNET): Isabel verlang terug na die teaterwêreld en betwyfel haar verhouding wanneer sy vir Jacques diep in gesprek met Alexia vang.

19:30 Swartwater (SABC 2): Wanneer ’n egpaar hulle enigste kind verloor trek hulle na die klein dorpie Swartwater om van hulle vorige lewe te vergeet.

20:00 Vallei van Sluiers (KykNET): Monique se uitvlugoord, Santuario Salute, is besig om goed op dreef te kom. Die enigmatiese Suretha is steeds besig om raaiselagtig op te tree. Hugo, Hannah en Connie is ’n gelukkige gesin.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Barney en Robin word gewing om saam te werk wanneer hulle vir Ted en Zoey uitmekaar moet hou.

21:30 Shameless (M-Net): Fiona hou aan om vir Robbie te sien sonder dat Mike dit weet. Frank is op soek na ’n manier om vir sy leweroorplanting te betaal.