17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke. Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Sharky September is ’n gevaarlike kalant om mee rekening te hou. Hannes is steeds op sy hoede vir die boelies en Thomas besluit om reg in eie hand te neem.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Al is Stef kwaad vir Astrid, kom hy steeds vir haar op by Gunther. Carina kan nie verstaan hoekom Eben skielik so gretig is om in Bakgat te werk nie, terwyl Sonja haar bes doen om self vir die Villa Rosers kos te maak. Marius sê Vicky moet besluit oor haar toekoms, en Fritz plaas dieselfde druk op Stef. Intussen probeer Nico Gunther manipuleer, maar dis nie so maklik nie.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita neem beheer oor die situasie in die Deli, want Vince kan duidelik nie die druk hanteer nie. Lynette besoek vir Neville.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zadie sukkel geweldig met repetisies – tot Merle haar sê gesê kry. Okkie het nuus oor mnr. Buys, en Van dink daar is ’n slang in die gras toe Cheri-Lee op soek is na Gustav. Nick en sy tante praat openhartig oor die liefde, en Wimpie het sy mes in vir Bea. Susanna word aangeval.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Een van Suid-Afrika se grootste entrepreneurs, Whitey Basson, is ’n plaasseun van Porterville se wêreld. In dié aflewering gaan wys hy ons presies waar is sy grootwordplaas, Dasbosch.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal moet hul neus uit sy naderende egskeiding hou. Maya heroorweeg haar verhouding met Elliott.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Dominee vra Hennie ’n groot guns, en Lena probeer stilletjies haar bene rek – dalk probeer Meester haar help? Breggie kry onverwags ’n pakkie uit Gauteng, en Gertjie wil by Hennie weet of Lea haar tyd mors met hom. Sanna probeer Roulien help deur haar na Tony te neem vir regshulp, terwyl ’n begrafnis op die dorp sowel simpatie as kritiek by die inwoners ontlok. Charles en Giel se konfrontasie laat Gertjie en Lena hewig koppe stamp.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu is die hedendaagse Sherlock en Watson.