Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Oor die afgelope 13 weke het ons die merkwaardige metamorfoses van die ma-en-dogterspan, Meisie en Mercia, meegemaak. Hierdie week onthul ons hul dramatiese transformasies.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Hanna pleit dat die Villa Rosers vir Liam nog 'n kans moet gee. Monique deel haar storie met Celine. Fritz vind uit van Marius en Stef se bakleiery asook Vicky se swangerskap en Liam rig sy versier op Bakgat.

18:30 7de Laan (SABC2): Sifiso sal nie dat Kim met moord wegkom nie. Sal Dewald die regte besluit maak?

19:30 Binnelanders (kykNET): Geheime het 'n manier om ontbloot te word - en meer as net die geheimhouers bly in die slag. Okkie stem in om 'n aktiwiteit saam met Morné aan te pak, en At wil Tertius onder vier oë spreek.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): Fafa besoek vir Kiki by die Squat. Brendan se finansiële probleme lei hom na onwettige geldmaak metodes. Charlie en Fafa konkel om inligting oor Laetitia en Gerald te kry. 'n Dwelm onderhandeling loop verkeerd.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode moet Elliot 'n skurk uit sy verlede uitoorlê.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Daily Show With Trevor Noah (Comedy Central): Die Suid-Afrikaner Trevor Noah neem die leidsels van vanaand af oor op die gewilde Amerikaanse aktualiteitsprogram The Daily Show.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode vertel Flint vir Gates die waarheid.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode is Raffi bang Hildy se aangehoue ondersoek gaan probleme veroorsaak.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.