Wat is vanaand op die kassie?

17:29 5 Sterre met Reuben (kykNET): Reuben maak ravioli pasta met mossels en botterskorsie en vanielje panacotta met piesang en gedroode pynappel vir nagereg. Daar word gekyk hoe om sampioene te kweek en hoe om ’n hoender in porsies te sny.

17:55 Two and a Half Men (M-Net): Jake bring sy 36-jarige meisie huis toe.

19:30 Geraamtes in die Kas (SABC2): Reeks begin. Dinge is chaoties by Vermaak en Vennote wanneer die hoof psigiater, Dr Adriaan Vermaak, besluit om die besigheid verlaat.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nie almal het die voorreg om oorsee te reis nie, maar kos en stories kan ons wegvoer uit ons alledaagse omstandighede. Daarom is die tema vanaand ’n tafel uit Venesië.

20:03 Donkerland (kykNET): In 1996 lê Piet-Jan op sy sterfbed en Johan is op die punt om Donkerland te verloor aan die einste gesin wat die plaas help stig het. Johan en Piet-Jan, die laaste nasate van die stamboom wat op Donkerland oor is, word hof toe geneem deur Mtonga wat sy grond wil terugeis na hulle in 1976 geloop het.

21:00 Dexter (M-Net): Seisoen 8 begin. Debra het ’n nuwe lewe en werk as ’n privaatspeurder by ’n sekuriteitsfirma. Die Miami polisie ondersoek die moord op ’n man wat ’n deel van sy brein vermis – en die hoofverdagte is Dexter.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.