17:30 Bravo! (kykNET): Marita van der Vyver kuier op die oomblik uit Provence in die land, en die Bravo!-span gesels saam met haar oor kos, skryfkuns en die Franse platteland.

18:00 The Middle (M-Net): Axl soek die regte tyd om sy gesin te vertel hy druip drie van sy universiteitsvakke.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Ten spyte van die ongemak oor Jimmy se intrek in die Villa begin hy tog in ’n paar harte inkruip. Sussie maak vrede met Marius en Carina, maar Vicky se verskonings kom nie so opreg oor nie. Eben wil ’n opwindende verjaarsdagpartytjie vir Wouter reël, maar Wouter dring aan op iets rustigs. Waarheen lei dit vir Marius en Carina – vriendskap of verhouding?

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 7de Laan (SABC2): Tannie Dolores daag onverwags op en stel dadelik vir Hilda, Oubaas en Maria ’n gesondheidsprogram op.

18:30 Binnelanders (kykNET): Quinton en Gustav bevraagteken Margot se stories. Naomi en Ilse probeer hul bes om die Fontaine-baba op te spoor. Dawn se son sak oor Pretoria.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Jare lank het Nataniël sonder hierdie heerlike, ongesonde Amerikaanse vreugde probeer leef. Onlangs het hy in Europa gesien hoe iemand met ’n unieke weergawe van hierdie gewilde sonde oor ’n stadsplein loop. Hy het die persoon agtervolg tot hy ’n foto kon neem. In hierdie episode berei hy hierdie kunswerk voor en wys daar is warmbrakke vir alle smake, selfs vir vegetariërs!

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): ’n Ongeluk gebeur waar Herk en Gawie in hul jong dae in die padwerkerskamp staan: Gawie werk aan die roller en Herk peuter met die aansitter. Die wiel loop oor Gawie se been en hy moet met een been verder die lewe in.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:00 Wild en Wragtig (kykNET): ’n Wildsveiling het omtrent niks in gemeen met ’n veeveiling nie. En jy praat van baie groot geld wat kopers moet opdok. As jy duur koop, dan moet jy duur verseker en dis juis daaroor wat ons by ’n wildsveiling wou gaan leer.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.