Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline beland in ’n ongemaklike situasie toe Nicholas sy vrou vir haar wil los. Erme Max word by al die drama ingetrek.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter probeer sy bes om sy sake in orde te kry. Marius se nuwe haarstyl laat Vicky met ander oë na hom kyk. Fran sukkel steeds om deur te dring tot Anthony, maar vorder wel stadig.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Aggie en Lindile aanskou iets wat dr. Struwig se integriteit kan belemmer. Paula is desperaat genoeg om gratis vir Bella Donna te werk, maar sal dit die moeite werd wees?
  • 18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.
  • 18:30 Binneland (kykNET): Sonja moedig At aan om ’n verhouding met Nina te bou en daar is besliste reaksies oor die besluit oor Morné. Huisreëls is aan die orde van die dag vir die meisies en Okkie kry ’n blink gedagte by Ilse.
  • 19:30 Sterlopers (kykNET): Isabel word oor die vingers getik deur die regisseur. Emma word geprys oor ’n artikel waarmee sy heimlik ongemaklik is en Lesley maak haar touwys met steelfotografie.
  • 19:30 How I Met Your Mother (e.tv): Marshall se besluit om te bedank en vir ’n omgewingsvriendelik organisasie te gaan werk, beïnvloed die hele groep.
  • 20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Bertito se belangstelling in die boerdery is niebestaande – tot Jacques se groot ergernis. Monique besluit om sake met positiwiteit te benader om by oplossings uit te kom.