Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Die span gesels met dr. Riekie Smit oor die talle mediese gebruike van botoks, soos die behandeling van migraine. Daar word gekyk na volwassenes wat ballet begin neem om hul liggaamshouding te verbeter, en die dieetkundige Lizani Bothma wys ons hoe om ’n antioksidantryke smoothie te maak.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam se bose plan bedreig die Villa. Sal Fritz ooit agter die kap van die byl kan kom? Eben probeer bemiddelaar speel tussen sy twee vriende. Vicky deel haar nuutgevonde vrese oor Jenny.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanaand maak T&T se leefstylsentrum oop. Dewald weet hy is in die moeilikheid, nou is die vraag sal hy homself daaruit kan kry?

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman en Karli hou vir Christiaan in die duister. Pippa probeer ’n konfrontasie beredder en Gustav is nie te vinde vir ’n dokter se planne met ’n pasiënt nie. Adelyn moet ’n verpleegster in nood uithelp.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode maak Liz en Philip vordering met hul missie om ’n meeluistertoestel in ’n foon te plaas.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): In vanaand se episode wil Buula ’n lid van die pom-pom-meisies word, en Fafa pas Kiki se kind op.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode werk Russ en Milt saam om een van die FBI se mees gesoekte voortvlugtiges op te spoor.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.