18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max en Caroline is innoverend en maak koekskyfies om hul kliëntebasis te verbreed.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Isabel probeer Nadine troos, terwyl Wouter by Sussie raad vra. Die aantreklike Jacques beïndruk almal in die Villa, veral Lerato.

18:30 7de Laan (SABC 2): Pieter kry wonderlike nuus. Paula maak liefdesplanne om Matrone en Koot bymekaar te kry. Gaan Marko Emma die groot vraag vra?

18:30 Binneland (KykNET): Rian vra Naomi iets baie belangriks en ’n strydbyl word begrawe. Gideon kry slegte nuus, terwyl At agter die kap van die byl kom met Annetjie se hulp.

19:30 Die Nataniël Tafel (KykNET): Nataniël wys hoe ’n mens “krisiskos” maak wanneer onverwagte gaste opdaag. Hy wys ook hoe jy ’n vinnige tafel dek wat die gaste sal laat dink jy het ure daaraan afgestaan.

19:30 Chicago Fire (M-Net): Severide en Katie leer mekaar beter ken. Die Chicago Fire-span doen alles in hul vermoë om 51 oop te hou. Cruz raak bekommerd oor sy broer.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Die groep gaan na ’n spoggerige geleentheid in ’n museum. Ted word voorgestel aan Zoey se man, Kaptein. Marshall dra onverwagte nuus aan Lilly oor.

21:00 Isidingo (SABC 3): Calvin besef sy pa was toe heeltyd reg. Zeb speel albei kante van homself.