17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben spreek Cardo aan oor sy leefwyse en Cardo kom uit met die hele sak patats. Wanneer Celine dit toevaliig hoor, verras dit haar. Vicky skok Marius wanneer sy haar planne vir die wittebrood met hom deel.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna en Marko sukkel om hul gevoelens vir mekaar weg te steek. Lynette is vasbeslote om haar loopbaan en reputasie te red. Altus is bekommerd oor Paula.

19:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn gee vir Nick raad en Liezl het haar mes in vir Morné. Herman voel sy ma het ’n beter toekoms by Southern Hope. Zadie het groot verwagtings vir die aand wat voorlê en die wind word uit Jana se seile geruk.

19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.

20:00 Megaboere (kykNET): Ons kuier op die Van Loveren familieplaas wat al sedert 1937 bestaan en ’n ryk geskiedenis van wynmaak in die Robertsonvallei het. Hennie Retief senior en sy twee seuns Nico en Wynand gesels oor hul plaas.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Die Haasbroek-huishouding is die onderwerp van bespreking en Giel loop sy rieme lelik styf. ’n Besigheidstransaksie laat die boere in die distrik rooi sien en die sandbad is die agtergrond vir ’n afspraak.

20:30 Gotham (M-Net): Die reeks kom uit die pen van die skrywers van die reeks Rome.Volg weekliks die avonture van die speurders Gordon en Bullock.

22:30 The Slap (M-Net): ’n Boeiende dramareeks oor ’n enkele geweldadige gebeurtenis wat almal se lewens verander.