18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max en Caroline word gedwing om die oorspronklike huurder van hul woonstel op te spoor toe hul huurkontrak verval. Hulle moet hom oortuig om dit weer te teken, anders sit hulle sonder heenkome.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Die reëlings vir Fritz se verrassingspartytjie gaan volstoom voort en ontketen ’n klein oorlog onder van die inwoners.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Ryno Paula toelaat om weer Paula Prut te skryf? Herman is woedend toe hy nog ’n artikel oor Gita se hotel lees.

18:30 MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET):Krige is onder die indruk dat sy motorfiets gesteel is. Sonja besef wat Mari se misverstand is. Okkie en Ilse is terug van hul wittebrood en beland in ongevalle saam met Emil en Morné.

19:30 Sterlopers (kykNET): Brad raak aggressief tydens ’n opname vir sy nuwe album en rebelleer teen Lorraine se voorskrifte vir sy eerste openbare verskyning. Emma grou dieper in die gospel-ster Ruan Greef se verlede en ontdek ’n geraamte.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Monique se gesondheidsoord open met baie verrassings. JP kan nie meer wag vir die geboorte van sy dogter nie. Nog ’n nuwe gas daag op by die oord.

21:35 Shameless (M-Net): Fiona en Mike raak ernstig. Sheila het haar eerste suksesvolle aanlyn afspraak.