Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Altus wag vir die bank se besluit oor die lening wat hy nodig het om in die mynmaatskappy te belê. Xander en Vanessa sit alweer vas.

19:31 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël is mal daaroor om verskillende wyne in ’n verskeidenheid geregte te gebruik en wys jou hoe.

19:30 Castle (M-Net Series Showcase): Toe Castle en Beckett gestuur word om die enigste getuie in ’n moordsaak te gaan haal, word hulle in ’n lokval gelei en moet hulle op die vlug slaan.

20:00 Donkerland (kykNET): Dis 1881, 41 jaar later. Pieter se oudste seun, Jakob, is nou ’n volwassene met ’n gesin. Jakob keer terug ná die Slag van Schuinshoogte, tevrede dat die Engelse eindelik hulle les geleer het. Maar Pieter is teen die oorlog gekant en waarsku: “Die Engelse kom altyd terug.”

21:29 Desperate Housewives (SABC3): Julie, Susan se dogter, kom kuier en bring haar 40-jarige kêrel saam.

21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): In hierdie episode word gekyk na fibromialgie, ’n spier- en skeletpyntoestand wat by 5-6 persent van vroue tussen die ouderdom van 20 en 49 voorkom. Die simptome sluit in gewrigspyn, oggendstyfheid en rustelose-bene-sindroom.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.