17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Chubby kom kuier by die Villa, maar kom gou agter hy is nie meer welkom nie. Saskia wil graag vir iemand vertel dat Liam haar lewe moeilik maak, maar sy besef dis inligting wat sy vir haarself moet hou.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman glo nie al Willem se stories nie. Kobus erken dat hy verkeerd was oor Lynette.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné probeer afskeid neem van Michelle. Christiaan moet moeilike nuus breek en Jana sukkel om vir At in die hande te kry. Onbevoegdheid is vir Herman ’n probleem.

19:30 Arrow (SABC3): Biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy op ’n eiland gestrand is. Oliver skep die persona van Arrow om die misdaad in die samelewing te beveg.

20:00 Megaboere (kykNET): Die Sparta-groep is een van die grootste verskaffers van bees- en beesvleiprodukte in die Vrystaat en waarskynlik in die land. Sparta lewer ’n groot bydrae tot die plaaslike ekonomie.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Woestyn maak ’n gek van homself en ’n slapelose huisgas kan ’n laataand-besoek in die wiele ry. Pieter vertel van sy groot hartseer en Charles druk sy neus in Troffel se besigheid.

20:30 American Crime (M-Net): Die skrywer van 12 Years a Slave bring hierdie aangrypende en emosionele drama.

22:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.