17:30 Bravo! (kykNET): ): Die energieke musikant en perkussiespeler Riaan van Rensburgh nooi die Bravo!-span om saam met hom musiek te maak. Hulle praat met ’n aktrise wat deesdae beskou word as een van ons land se grootste talente: Crystal-Donna Roberts. En die span gaan kuier agter die skerms van een van Jannie du Toit se konserte waar hy hulde bring aan Koos du Plessis.

18:00 66th Primetime Emmy Awards 2014 (M-Net): Die beste akteurs en aktrises in die vermaaklikheidsbedryf word vereer by ’n pragtige seremonie in Los Angeles, Kalifornië. Die seremonie word vanjaar deur die bekende TV-aanbieder Seth Meyers aangebied.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Eben en Carina is baie gespanne oor hul ouers se geheimsinnigheid. Wat is aan die gang en wat wag op hulle? Lente en Wouter is oorgehaal vir hul protes-optog, maar dan stel sy hom voor ’n baie moeilike keuse. Marius vermoed Vicky verwag en toe hy Sussie daarvan vertel, gaan sy oor tot aksie.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoe het Antoinette se armband in Gita se handsak beland? Intussen gaan Pulane polisiekantoor toe om ’n klag teen Jackson te lê.  

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie se dogter daag eindelik op uit Perth – maar dit is duidelik dat sy nie hier is om met haar pa versoen te raak nie. Quinton voel steeds bedreig deur Pippa, maar probeer hard om weer pro-aktief te wees. Bianca kontak Margot oor Stian. Krige tree vreemd op toe hy ’n pasiënt sien.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël het grootgeword met die woord foefertjies. Dit is gebruik om klein of fyn eetgoed te beskryf, enigiets wat met die hand geeët kan word. Dit bly ’n gunsteling by oggendgeleenthede, kerkbasaars, bidure en begrafnisse. Ongelukkig bestaan die meeste foefertjies uit deeg. Nataniël probeer ’n nuwer en gesonder oplossing vind.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Gert de Wet word in haglike omstandighede op ’n dorpie groot en ten spyte van sy latere sukses wat voortvloei uit sy verbete werkery, bly die vernedering van weggooiklere dra en van gawes leef, diep binne-in hom aan die lewe. Hy bêre ’n paar voddeskoene in sy studeerkamer om hom te herinner aan sy verarmde jeug. Eers op sy 60ste verjaarsdag gebeur dinge wat hom tot rus bring.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.