17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Word fiks saam met Linda en leer hoe om skopboksoefeninge te doen, ’n Opwindende oefensessie wat jy baie sal geniet.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Anthony vertel vir Gerhard hoe die wind waai en Carina hoop heimlik dat Marius haar geheime bewonderaar is. Louw is ongesteld en Stef voel skuldig. Sussie en Isabel besluit om Gerhard op te beur, en Lindie vind meer uit oor Liam. Stef kom agter die kap van die byl. Astrid maak ’n nuwe aanbod aan Liam, maar beland eindelik waar sy hoort.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula is in groot skok. Emma is baie ontsteld ná haar en Marko se afspraak.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jenny ruk die mat onder Jana uit, en Kobus se gebaar val op dowe ore. Gustav praat met Pippa oor Michelle, en daar word ’n lyn in die sand getrek ten opsigte van At. ’n Pasiënt ontgeld ’n tekort aan pille, en Gustav maak sy hart oop.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Daar is ’n paar mense in jou lewe by wie jy werklik jouself kan wees, by wie jy veilig voel en deur wie jy nie gekritiseer word nie. Dis hulle wat jy wil bedank en bederf, die beste van vriende en die beste van familie. Ons berei elkeen se gunstelinge voor en dek ’n tafel vol herinneringe.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Ná die skok van Oom Boykie se dood en begrafnis veroorsaak sy testament baie drama in die Vallei. Boonop is die Lopes-gesin, wat spesiaal uit Londen vir die begrafnis gekom het, se teenwoordigheid in die Vallei vir baie ’n groot steen des aanstoots. Skielik is almal weer in verskillende kampe gejaag en is vuil baklei aan die orde van die dag.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

22:30 Bates Motel (M-Net): Cody word vertrou met ’n donker geheim en Dylan se lewe is in gevaar.