Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline voel steeds aangetrokke tot die getroude sjef Nicholas.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): ’n Verrassingsbesoek van Carina se pa laat haar in ekstase, maar nie vir Eben nie.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Kan Paula verhoed dat Kirstin die sakekamerfunksie met die Bruynwaves-span bywoon? Gaan Marko die sleutel tot Emma se geheueverlies ontdek?
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Sonja moet Okkie iets vra, terwyl Wimpie geskok is oor ’n onderneming se waarde.
  • 20:00 Die Wonderwerker (kykNET): Die draaiboek van hierdie film handel oor ’n episode in die lewe van die digter en wetenskaplike Eugene Marais. Met Dawid Minnaar, Elize Cawood, Marius Weyers, Anneke Weidemann, Kaz McFadden , Erica Wessels, Sandra Kotze en Cobus Rossouw.
  • 20:30 The Good Wife (SABC3): Alicia moet ’n prokureur verteenwoordig wat haar firma genader het nadat hy deur die regering in hegtenis geneem is omdat hy nie die naam van ’n anonieme kliënt wou bekendmaak nie.