18:00 2 Broke Girls (M-Net):  Max doen aansoek by ’n kookskool in Manhattan, maar sy moet ’n tert bak vir haar toelatingstoets.  Intussen flankeer Caroline met Max se nuwe professor.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Celeste-Elize Rautenbach, die neus-in-die-lug moeder van Eben en Carina  daag in Bloemfontein op en haar teenwoordigheid veroorsaak dadelik konsternasie vanaf Bakgat tot by die Villa.

18:30 7de Laan (SABC 2): Emma kry die skok van haar lewe wanneer sy by die huis aankom. Paula en Sifiso bied hulle voorlegging vir Altus aan, maar wat gaan hy daarvan dink?

18:30 Binneland (KykNET):Bea neem beheer oor Franz se toekoms en weier om verder na Jan se pype te dans. Okkie dink hy’t ’n briljante idee, maar Naomi dink dis ’n nagmerrie.

19:30 Die Nataniël Tafel (KykNET): Nataniël maak ongewone, dog watertand-etes met sjokolade as die hoofbestanddeel en dit wat op die bord eindig, is ’n skepping wat jou in vervoering sal bring.

19:30 Chicago Fire (M-Net): Weens ’n groot kragonderbreking moet die hele span saamstaan om die stad te help. Casey twyfel in homself en weerhou die waarheid van Dawson af. Probleme bly staar vir Molly in die gesig.

21:00 Stilte (KykNET): ’n Talentvolle sangeres onttrek haar in stilte na haar familie in ’n gewapende aanval sterf. ’n Jong predikant help haar, maar dan moet sy teen die moordenaars gaan getuig.