Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Die span gesels met dr. Nathali Morrow oor hoe hormone gewig beïnvloed. Moria besoek ook ’n oudioloog om uit te vind waarna mens moet kyk wanneer jy ’n gehoortoestel kies.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam word tot raserny gedryf omdat hy nie vir Hanna in die hande kan kry nie. Celine kan haar humeur nie beteuel wanneer sy uitvind wat Cardo en Eben agter haar rug in die mou voer nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia maak ’n lewensveranderende besluit. Gita gaan nie toelaat dat iemand weer oor haar loop nie. Altus probeer in Marthinus se goeie boekies kom.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman voel dat eerlikheid die enigste manier is om uit die moeilikheid te bly. Marike kry nog ’n storie oor die Du Preez-familie, en Roussouw moet vir At sensitiewe inligting kry voor dinge hand uit ruk.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode loop Philip en Elizabeth se geheime familie die gevaar dat die KGB hulle kan ontmasker.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:00 All of Us (SABC2): Robert en Tia het mekaar gelos ná hul dansklasse misluk het. In vanaand se episode probeer Robert Tia se hart sagmaak met 'n opregte verskoning, en Dirk en Jonelle maak uit.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): In vanaand se episode is Kiki en Fafa na die vorige aand se gebeure ongemaklik by mekaar, en Festus en Koekie vrees vir hul lewe wanneer die Bybel-mafia kom inloer.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode kan Elliot se gewete ’n wêreldwye rekenaarindringing wat hy moet doen, ruïneer.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode spoor Flint die dief op, en Silver en Max kruip nog in die bordeel weg.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode dink Russ jare ná die skool se voetbalafrigter vermoor is terug aan sy hoërskooldae.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.