• 18:27 7de Laan (SABC2): Bernard se berig veroorsaak probleme vir die Times. Altus en Paula kry skokkende nuus. Gita se sabotasieplanne loop skeef.
  • 19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Verjaardagpartytjies is geneig om so stereotipies te wees dat as jy by een was, was jy by almal. Nataniël wys innoverende maar eenvoudige maniere om jou verjaardagparty ’n onvergeetlike gebeurtenis te maak.
  • 20:00 Donkerland (kykNET): ’n Verteenwoordiger van ’n vakbond se lyk spoel uit die Tugela-rivier en die plaaswerkers wys vinger na een van Klein Piet se seuns. ’n Engelse familie koop die buurplaas en tot Klein Piet se wrewel begin een van die seuns by sy dogter vlerksleep. Dirk sluip weg na die groot stad om ’n nuwe lewe soek.
  • 20:05 Under the Dome (M-Net): Twee episodes. Julia vind uit wat van haar man geword het en ontbloot sommige van Chester’s Mill se donkerste geheime. Big Jim draai die dorp teen Barbie toe die waarheid oor sy verlede uitkom. Maxine maak dit persoonlik toe sy Barbie se grootste ondersteuner konfronteer.
  • 21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): Fetale alkoholsindroom kom voor wanneer alkohol tydens swangerskap ingeneem word en deurdring na die ontwikkelende fetus wat die groei van die fetus beïnvloed en breinskade veroorsaak. Dit kan lei tot voorkomsafwykings, afwyking van die breinfunksies en breinstruktuur sowel as gedrags- en leerafwykings.
  • 21:30 Desperate Housewives (SABC3): Toe Susan en Edie per ongeluk in ’n kelder toegesluit word, onthul Edie hoekom sy ’n probleem met mans het. Carlos is so baie weg met sake dat Gaby sukkel om hul dogters in toom te hou.