18:00 The Middle (M-Net): Frankie raak jaloers toe Axl op Mike se oproepe en boodskappe reageer. Sue voel vryer wanneer haar broer nie naby is nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Vicky is bekommerd omdat Stef so skaars is. Intussen soek Stef vergeefs na die diamante in Astrid se kamer. Liam oortuig hom en Isabel om hom toe te laat om te help soek. Wouter raak ál simpatieker teenoor Wanda en is in vervoering oor haar stories oor Monaco. Eben glo sy betrokkenheid by Fran se draaiboek is sy sleutel tot roem en rykdom.

18:30 7de Laan (SABC 2): Aggie begin twyfel of sy en Lindile versoenbaar is. Gaan Sonja se pa haar en haar ma ophou straf?

18:30 MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen se uitbarsting lei tot ’n besluit wat Tertius nooit gedink het hy sou maak nie. Okkie en Sonja kom agter wat die ware toedrag van sake is. ’n Sameswering vind plaas om iemand se geheim stil te hou. Wimpie beland in Ongevalle. Okkie maan die meisies om nie te skinder nie.

19:30 Sterlopers (kykNET): Isabel word ’n omstrede rol in ’n fliek aangebied. Ingrid maak seker Brad se loopbaan as Afrikaanse popster is iets van die verlede. Lorraine raak desperaat. Emma klop by haar pa aan vir woorde van wysheid en besluit op ’n aksieplan.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Emma is terug in die Vallei ná haar tyd in Amerika en sy is weer haar sjarmante self. JP ly steeds. Sy was eers ’n moeilike swanger vrou; nou is Charmaine ’n onmoontlike nuwe ma. Beulah raak ál onmisbaarder by Monique se oord, nie dat almal dit waardeer nie

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.

21:30 Shameless (M-Net): Ná Fiona se vrylating en huisarres word Lip gedwing om waar te neem as die Gallagher-gesin se nuwe voog.