17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): ’n Onheilspellende sluiper maak sy opwagting by die skool. Hannes is weer sy ou self en Dewie is slu en gemeen. Geheimpies oor kinders in die skool begin uitlek en lei tot traanstortings.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is gefrustreerd dat Nico hom bly ontwyk en Fritz belowe hom dat hulle so gou moontlik die saak sal uitsorteer. Anthony en Maryke is versigtig optimisties oor die moontlikheid dat hulle Isabel se loft kan huur en hul eie nessie begin skop. Fritz gaan maak vrede met Isabel en het goeie nuus vir haar. Carina is nie so seker dat Eben nie gepla is oor sy pa se jong meisie nie. Stef dink Nico se nuus is uiters snaaks.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja lei steeds aan skok na die geyselaarsdrama in Oppiekoffie. Ty is geskok om te hoor wat Antoinette vir hom kom sê. Bernard blameer Linda vir alles wat fout gegaan het in sy verhouding met Danelle.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die geheim is uit in die gange van Binneland Kliniek en die personeel sit op hete kole en wag vir terugvoer. Susanna gaan duidelik nie maklik opgee wanneer Zieg besluit hy wil nie meer in die verlede krap nie. Iemand kry ’n tweede kans op die lewe en Zadie vermoed dat alles nie pluis is met Merle nie.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Zelda la Grange was nie net Madiba se regterhand nie, maar sy het ook saam met hom die wêreld verower. Hierdie week ry ons saam met haar rond in die mooie Jacarandastad, haar grootwordplek.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal om hul neuse uit sy komende egskeiding te hou. Maya heroorweeg haar eie verhouding met Elliott.

20:30 Remembering Whitney (e.tv): Vier die lewe van Whitney Houston met onderhoude, eksklusiewe konserte en private gesinsvideo’s in hierdie ongelooflike huldeblyk.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Lea en Lena kyk die harde waarheid saam in die oë, en windpompies steel is nie al waarvan Abdoel verdink word nie. Hennie probeer die stryd tussen Charles en Sanna oor Meester se huis besleg, en die Karoliete sit koppe bymekaar om uit te pluis waar die twee vermistes skuil. Daar is ‘n bloedige vuisgeveg op Daggafontein en een Karoliet se lewe eindig gewelddadig.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

22:30 CSI (M-Net): Kyk hoe die gedugte forensiese span raaiselagtige moorde oplos.