Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz verslaap en die kastige simpatieke Liam is bly om te sien hy is nie homself nie. Cardo besoek sy pa in die tronk. Lida vra vir Carina om vriendeliker met Ilse te wees.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus veg om sy lewe. Herman dreig om Willem terug te stuur Kaap toe. Gaan Neville en Bernard hulle storie bekend maak, of was al die moeite verniet?

19:30 Binnelanders (kykNET): Liezl soek ’n verduideliking terwyl ’n paartjie mekaar blammeer vir dieselfde probleem. Okkie hoor weer ’n bekende deuntjie, en Morné word ’n groot guns gevra.

19:30 Mom (M-Net City): In dié komediereeks volg die (mis-)avonture van Christy Plunkett (Anna Faris), ’n enkelma wat sukkel met dwelm- en alkoholmisbruik. Sy span kragte saam haar ma, Bonnie (Allison Janney), om haar lewe in orde te kry.

20:00 Megaboere (kykNET): Vanaand kuier die Megaboere-span by die Rust en Vrede wynlandgoed buite Stellenbosch.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Die duiwel is los op Breipaal, en Charles probeer ’n moedelose Dot moed inpraat. Tony verduidelik sy teorie oor die siklus van wraak, terwyl Sanna se strewe na ’n toekoms Giel se donkerkant blootlê.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. Hierdie reeks is deur die vervaardiger van Breaking Bad.

22:30 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.