17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Ons vind meer uit oor Akro-joga, 'n veeleisende oefenroetine wat akrobatiese oefeninge met joga kombineer. Dr Jugens Grové gee vir ons ma-en-dogterspan, Meisie en Mercia, 'n kits tandheelkundige transformasie.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam tree vreemd op teenoor Hanna wat sukkel om haar gevoelens vir hom te verwerk. Oomblikke nadat Liam die kontrak geteken het, daag daar 'n gas op wat die wind uit almal se seile neem.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas gaan spyt wees as hy vanaand die verkeerde appeltert kies. Sal Willem hom kan loskry uit die situasie waarin hy hom bevind?

19:30 Binnelanders (kykNET): Party deure word met 'n rede gesluit. 'n Ontboeseming ruk een vrou se lewe uitmekaar, en die Du Preez-broers se optrede ontsenu Jana. Rian se hulp word ingeroep met 'n sensitiewe saak, en geheime begin vermenigvuldig.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): Festus en Koekie kry 'n plan om van die 'Huis van Wonders' ontslae te raak. Dinge raak al hoe warmer tussen Steyn en Buula, en Kiki skryf vir Fafa 'n brief.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode moet Elliot vinnig spring om alles reg te kry ná Allsafe deur kuberkrakers binnegedring word.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang eht voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode benodig Eleanor Silver se hulp en Billy wil hê Gates moet vir Flint konfronteer.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode kry Terry nuwe bewyse in die moordsaak van die vermoorde polisieman.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.