17:30 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span kuier by die Springbok- en Blou Bul-rugbyspeler Pierre Spies en praat oor sy indrukwekkende loopbaan. Hulle gaan kyk ook agter die skerms van die nuwe musiekblyspel by die staatsteater: Reik na die Sterre.

18:00 The Middle (M-Net): Mike en Frankie word onkant gevang toe Sue die vlugbalspan haal. Axl vra Brick se hulp, want hy is besig om een van sy universiteitsvakke te druip.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Dis die nadraai van Fritz se gevangehouding en Astrid is vry, maar Stef het sy mes vir haar in. Wouter is teen die grond oor wat met sy oupa gebeur het, maar eintlik spook Wanda by hom.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 7de Laan (SABC2): Vir die eerste keer sedert Antoinette se dood voel dit vir Ty asof ’n meisie hom weer interesseer, maar hoe gaan Gita daaroor voel?

18:30 Binnelanders (kykNET): Dawn besluit om by Frankie se werkplek in te loer. Okkie roep Naomi se hulp in om Ilse te troos. Jana konfronteer Margot eindelik oor haar verlede.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die Butler is ’n geheimsinnige figuur wat tans in talle gewilde reekse en rolprente verskyn. Nataniël is in vervoering oor herehuise, wit handskoene, grondbaronne en koetse. Hy berei geregte vir ’n hedendaagse adellike huishouding. ’n Regte, egte butler kom verduidelik sy pligte en illustreer die tydlose tegnieke van tafel dek.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Toffie se vrou haat rugby en toe Toffie in ’n kroeggeveg oor rugby seerkry, probeer sy hom van rugby speen.

20: 30 Special Assignment (SABC3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC 3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.