18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline nooi Max en Deke om saam haar by Nicholas se huis te gaan eet omdat sy bang is sy gee in en doen iets wat sy nie moet nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Wouter se dobbel-kaskenades word ontbloot en nie goed deur Fritz en Sussie ontvang nie. Fran besoek Anthony, maar rig nie veel uit nie.

18:30 7de Laan (SABC2):  Sonja oorweg dit om Bertus te konfronteer en die romanse blom toe Charmaine Dawid nooi vir aandete.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binneland (kykNET):Malan verwyt Kirsten. Quinton en Naomi is gereed om alles te doen wat nodig is vir ongevalle. Pippa en Rian praat oor hul toekoms.

19:30 Sterlopers (kykNET): Brad Jooste teken ’n albumkontrak by BVJ Records. Isabel pak die Egoli-musiekblyspeloudisie met ’n dringende doelgerigtheid aan. Emma bedel haar werk by Blink terug en probeer eerbare joernalistiek pleeg, maar maak amok.

19:30 How I Met Your Mother (e.tv): Barney ontmoet sy pa, maar is teleurgesteld toe hy uitvind hoe hul leefstyl verskil.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Hugo se rokjagtery neem hom van een vrou na die ander, maar eintlik wil hy Hannah en sy seun Connie terug in sy lewe hê. Charmaine sukkel om met skoonma Mary oor die weg te kom.