Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Linda Kriel oefen op ’n pragtige strandjie by Maiden’s Cove. Sy wys oefeninge vir die arms en maag. As jy nie ligte gewigte het nie, kan jy sommer waterbottels of blikkies kos gebruik.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sussie en Marco se liefde vier hoogty, en Sussie neem ’n verrassende besluit. Astrid snuffel in Marco se verlede en ontdek inligting wat sy met Stef moet deel. Vicky probeer deur Marius na Carina uitreik en hy word in die middel vasgevang. Lindie probeer vergoed vir haar optrede in die verlede.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Bok van Blerk tree in die klub op. Die Meintjies-gesin bevind hulle in ’n groot krisis. Dewald wil sy nier aan Nadia skenk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die lot van die Malherbes, en dié van Dirkie, is in die weegskaal. At wil ’n braai by sy woning hou, maar dit lyk nie asof die genooides lus is vir dié partytjie nie. Die verhouding tussen Jana en Adler neem ’n wending, en ’n gebreekte been is die minste van ’n man se bekommernis.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Ons eet uit kristal, rangskik blomme in kristal, stal kerse uit in kristal en drink uit kristal. Ons erf tafelgerei wat al geslagte deur die familie bewaar word, maar is dit regtig kristal? Waarvan word kristalglas werklik gemaak? En hoe kan dit gebruik word sonder om oordadig of outyds te lyk? Nataniël berei geregte voor wat geïnspireer is deur kristalglas, helderheid, weerkaatsing en lig

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Maya is op haar senuwees om almal oor haar en Elliot te vertel.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Caroline raak paniekerig toe haar ekskêrel onverwags opdaag.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Jacques se lewe word oorheers deur sy onbeteuelde grondhonger – maar nie almal deel sy entoesiasme nie. Ta’Ef het haar hande vol met Oom Boykie. Willem voer allerhande planne in die mou.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

21:30 Winslyn (kykNET): Die span gesels oor FlySafair, wat onlangs begin bedryf het, en kyk na werkemigrasie-statistieke.

22:30 The Knick (M-Net): Thackery weier om saam met dr. Zinberg te werk en die hele situasie maak hom net nog meer paranoïes.