Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Kundiges vertel meer oor die produk Calcicol wat kalsium en kollageen in een formule kombineer. Daar word ook gekyk na fotodinamiese terapie as ’n veilige alternatief vir sterk medikasie, en na S.W.E.A.T. 1000, waarmee mens tot 1000 kalorieë per uur kan verbrand.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky en Stef lewe steeds by mekaar verby, maar sy vind troos in Jenny se teenwoordigheid. Celine is gespanne oor Cardo wat terugkom en Marius soek regshulp.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda hou niks van die idee om weer te gaan kamp nie. Felicity geniet rooiwyn saam haar stiefseun. Gita kry ’n aanbod vir die Heights.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ilse vra Jana se hulp en Rian wil Sonette by ’n fisio kry. Die braai by die Koster-woning is nie heeltemal wat almal verwag nie. ’n Loopbaanverandering is dalk vir ’n ambisieuse dame in sig.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): Steyn kry ’n besoek van Laetitia, Iva vertel Schalk van haar en Fafa se besluit, en Festus en Koekie verklap te veel tydens ’n kuiersessie met die nuwelinge. Later oorweeg Fafa ’n aanloklike uitnodiging van Kiki.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode vra Russ sy ma, Constance, om hom met sy nuwe vervalsingsaak te help.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:30 Deuce Bigalow: European Gigolo (e.tv): In hierdie komedieprent moet ’n oud-gigolo na Amsterdam gaan om sy eertydse koppelaar te help wat van moord op ’n manlike prostituut verdink word.