18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max en Caroline werk ’n dag in ’n koffiewinkel om uit te vind hoe hulle nuwe koffiemasjien vir hulle kolwyntjiewinkel werk.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Nadine neem Isabel kwalik omdat sy in haar lewe inmeng. Stef worstel nog met die idee van kinders kry. Astrid lei Nadine van die wal af in die sloot. Lerato verbeel haar sy tel Petrus se spoor op.

18:30 7de Laan (SABC 2): Is Vanessa se baba vandag op pad? Gaan Annelie moet kies tussen haar modelwerk en modeontwerp?

18:30 Binneland (KykNET): Bea wonder of sy reg optree as dit by Franz se goue geleentheid kom. Daleen help Pippa ’n deurbraak maak.

19:30 Die Nataniël Tafel (KykNET):  Nataniël wys hoe ’n mens ou gunsteling-geregte ’n tipiese Nataniël-kinkel te gee.

19:30 Chicago Fire (M-Net): Cruz moet ’n groot besluit maak oor die dood van ’n jong meisie. Daar is seksuele spanning tussen Casey en Dawson. Shay besluit om te bedank.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Marshall moet sy onbevoegde assistent afdank, maar sy skuldgevoelens wil dit nie toelaat nie. Die pragtige Zoey registreer om in een van Ted se klasse te wees.

21:00 Isidingo (SABC 3): Barker se belangstelling in sy neef veroorsaak groot suspisieenAlbert sukkel om ’n donker geheim weg te steek.