18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max en Caroline stem in om ’n troukoek vir ’n besluitelose bruid (Lindsay Lohan) te maak.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid kry dit reg om ’n gewonde Valdez in haar kamer in te smokkel en Anthony word betrek om te help. Stef en Marius het ’n uitval en Stef word as peetpa onthef.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula loods haar Herleef Paula Prut-veldtog. Hillside is in rep en roer oor Gita se planne. Charmaine is in twee geskeur: Watter rigting sal haar lewe haar neem?

18:30  Big Town Dance (M-Net): Die Got to Dance-beoordelaar Ashley Banjo en sy mede-Diversity-lede leer die mense van Stockton-on-Tees dans. Hulle het net twee maande om te oefen voor hulle voor meer as 5 000 inwoners moet optree.

18:30 Binnelanders (kykNET):Die groep se taak ruk handuit en hou Tertius en Daleen uit die slaap Voorbereidings vir At se fotosessie veroorsaak spanning en Jana is ongemaklik met Karli.

19:30 Sterlopers (kykNET): Jacques en Isabel beplan ’n romantiese afspraak, maar Jacques daag nooit op nie. Emma gooi ’n veerpyltjie in ’n bekende gospelsanger se voorkop vas en begin geraamtes in dié se kas soek.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Ná ’n bitter koue winter in die Vallei breek die lente vol belofte aan. Charmaine is steeds ’n verwagtende moeder uit die hel. Monique se planne vir Van Rhijnshoek veroorsaak groot opgewondenheid in die Vallei.

21:35 Shameless (M-Net): Fiona vat die kinders vir ’n ondersoek by die dokter en Lip sukkel in die skool.