17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Carla is baie ontsteld oor Vladimir wat gevang en nou weg is. Louisa word die hoofrol in ’n Afrikaanse kunsprent aangebied en Johan is nie seker hoe hy daaroor moet voel nie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther is ontsteld dat Stef hom in Bloemfontein probeer hou, en selfs Fritz voel sy seun hanteer die aangeleentheid verkeerd. Anthony is bekommerd oor Maryke.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe kook die jong sjefs ’n storm los in Gordon Ramsay se kombuis.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman is nie beïndruk deur die bouers se bouwerk in die boetiek nie. Hilda verras Errol in die Deli. Paula stem in om saam met Altus te gaan eet. Sal hulle besluit om nie die egskeiding deur te voer nie?

19:30 Binnelanders (kykNET): Zieg se laaste hoop is Jana – maar sy het ander planne met die man. Okkie se artikel verskyn, en Morné word ingelig van die Ferreiras se toekomsplanne. Rian se romantiese aandjie word bederf, en Naomi weet glad nie wat om te doen rakende Kobus se besluit nie.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Die joernalis en redakteur Tim du Plessis weet presies hoe die wêreld van die drukkerswese werk. Reis na Gister reis saam met hom na Noordwes om die bekende koerantman se herkoms te besoek.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Breggie en Abdoel kry stry oor Cyril, en Giel se handewerk noodsaak ds. Karl om ’n draai te gaan maak op Daggafontein. Kortjas stel sy bure bekend aan Priscilla, terwyl Dot en Tony konkel oor Troffel se wildsvleis. Abdoel se verlede haal hom in, en Gertjie konfronteer haar pa oor besigheid. Die sukses van Lena se operasie hang van haar af – en sy wil net Kanada toe.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal om hul neuse uit sy komende egskeiding te hou. Maya heroorweeg haar verhouding met Elliott.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.